Vrae aan Mnr Jonkers met sy aftrede:
Gee `n kort agtergrond van hoe u reis by die SKDM begin het? Ek kan met trots vir u se dat ek op 6 Mei 1974 by die Afdelingsraad, wat ons vandag die SKDM noem, begin werk het.
Watter werk het u destyds gedoen? Ek het as graaf werker begin en toe met ‘n jack hammer tot 1981. Daarna het ek my bestuurderslisensie gekry en met ‘n vragmotor vrywillige diens gedoen.
Wat sou u sê was u grootste uitdagings in u werksveld? Ek het dit geniet om te bestuur en het uitgesien na enige groot uitdagings.
Wat sou u sê was u kosbaarste oomblikke by die Distriksmunisipaliteit? Dit was vir my ’n plesier om saam met ander werkers te werk. Ons leer mekaar, moedig mekaar aan en maak die beste van ’n slegte saak.
Wat sou u sê was u beste motivering vir u harde werk al die jare? Dit is vir my ‘n plesier - kyk jou pad kan mos nie net met rose besaai word nie. Jy moet darem so nou en dan in ‘n doring ook trap.
Enige woord van motivering aan u kollegas? Ek wil een en elk maar net bemoedig dat ons ons werk met liefde en vrede doen, want ek glo dan sal ons die beste vrugte pluk.
Last published 05 December 2022